1 varkboud
2 liter appelsider
naeltjies
1 koppie pruimkonfyt
1 koppie rooiwyn
swartpeper
sout
filodeeg
kweperstukke
1 eetlepel kerriepoeier
Bedek die varkboud met die appelsider.
Bak teen 80 grade oornag in oond.
Pluis vark.
Voeg die naeltjies, swartpeper, sout, pruimkonfyt en rooiwyn by.
Plaas dit in 'n kastrol en laat vir 1 uur prut.
Laat die vog ontsnap as dit te loperig is.
Smeer die filodeeg met gesmelte botter lagie op lagie.
Maak "pakkies" filodeeg, so groot soos 'n koevert, gevul met vleis.
Bak teen 180 grade.
Bedien met kweperstukke wat in kerriepoeier met bietjie water gestoom het.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za