150 g sojabone
2 medium aartappels, geskil
4 eetlepels meel
3 eetlepels broodkrummels
2 eiers
1 eetlepel gekapte pietersielie
4 knoffelhuisies, fyngekap
1 medium wortel, gerasper
½ teelepel gerookte paprika
½ teelepel koljander
½ teelepel tiemie
50 ml tamatiesap
sout en peper
olie
1 liter groente-aftreksel
Verhit die oond tot 190 grade Celsius.
Kook die sojabone in die groenteaftreksel tot sag – ongeveer 20 min.
Dreineer en druk die bone fyn.
Kook die aartappels tot sag en druk fyn.
Meng al die bestanddele saam met die bone, en vorm frikadelle.
Plaas die frikadelle op ‘n bakplaat en smeer dit liggies met olie.
Bak vir 20 tot 25 min.
Draai dit om na 10 minute en bak tot bruin.
Bedien met groenslaai of groente.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za