1½ koppie arboriorys
4 koppies hoenderaftreksel
3 koppies water
6 eetlepels botter
1 medium ui, opgekap
4 knoffelhuisies, opgekap
½ koppie witwyn
2 eetlepels vars suurlemoensap
1½ koppie geraspersde Parmesaankaas
3 eetlepels gekapte vars grasuie
3 eetlepels gekapte vars basiliekruid
sout en swartpeper
Verhit die water en hoenderaftreksel in ‘n kastrol.
Braai die ui en knoffel in botter in ‘n groot pan.
Roer die rys by die mengsel in tot liggies gerooster.
Voeg sout by.
Voeg wyn by en bring tot kookpunt tot wyn amper verdamp het (ongeveer 30 sekondes).
Verlaag die hitte, en voeg klein hoeveelhede van die warm aftreksel by.
Roer liggies tot die vloeistof geabsorbeer is, en herhaal die proses tot rys se tekstuur al dente is (ongeveer 20 minute).
Verwyder die risotto van die hitte, en roer die suurlemoensap, ekstra botter en parmesaan in.
Voeg die vars grasuie en basiliekruid by.
Voeg sout en swartpeper by.
Jy kan ook gebraaide sampioene of gebraaide blokkies botterskorsie byvoeg.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za