Deel 1
2 hoederdye aan die been, per persoon
1 koppie witwyn
1 klein blikkie tamatiepasta
baba-aartappels
olie
Deel 2
3 uie, gekap
1 Chorizo-wors, in ringe gesny
1 pakkie olywe (groen of swart)
handvol kappertjiekruid (capers)
½ koppie witwyn
1 klein blikkie tamatiepasta
Deel 1
Braai dye tot bruin in olie.
Voeg die wyn, tamatiepasta en aartappels by. Plaas deksel bo-op en bak in oond teen 160 grade vir 30 min.
Deel 2
Haal die oondbak uit oond na 30 minute, en voeg die res van die bestanddele by.
Bak vir 'n verdere 30 minute.
Bedien met ciabatta-brood.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za