6 hoenderdye
6 hoenderborsies
1½ koppie opgekapte pruimedante
½ koppie bosbessies
½ koppie kappertjies
½ koppie ontpitte en gekapte swart olywe
1 koppie rosé wyn
1 koppie hoenderaftreksel
½ koppie olyfolie
sap van 1 suurlemoen
gerasperde skil van 1 suurlemoen
1 eetlepel tamatiepuree
1 eetlepel gekapte vars knoffel
3 takkies tiemie
sout en swartpeper na smaak
Pak die hoender in ‘n oondpan.
Vryf dit in met die sout, peper en gerasperde suurlemoenskil.
Meng die res van die bestanddele saam in ‘n beker en voeg dit oor die hoender.
Bedek die oondpan met ‘n dubbellaag foelie en bak teen ‘n lae hitte – ongeveer 175 grade Celsius vir 6 ure.
Bedien dit met bruinrys en groente van jou keuse.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za