3 eiervrugte, in lengtes gesny
1 skorsie
1 koppie lensies
1 ui, gekap
1 blik tamaties
basiliekruid, gekap
fyn komyn
suurlemoensap
mozarellakaas, geskeur
olyfolie
Plaas die eiervruglengtes op ‘n bakplaat met olyfolie.
Bak tot gaar, en hou eenkant.
Kook intussen die lensies in water vir 40 minute tot gaar, en dreineer dit.
Braai die ui, tamaties, komyn, basiliekruid en bietjie olyfolie en suurlemoensap tot dit ‘n pasta vorm.
Kook die skorsie in water tot gaar, en skep die pitte uit.
Skep die res van die skorsie uit, en meng dit met die tamatiepasta.
Rangskik die bestanddele in lae in ‘n oondbak – eiervrug, lensies, tamatiepasta, herhaal.
Sprinkel die kaas vars basiliekruid oor, en bak in die oond vir ongeveer 25 minute tot die kaas gesmelt het.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za