Lewer 8-10 porsies
1 grootbeesfilet
15 ml varsgemaalde swartpeper
60 ml olyfolie
15 ml vars tiemieblaartjies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Peperwortelsous
125 ml mayonnaise
125 ml suurroom of natuurlike jogurt
sap van 1 suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 ml strooisuiker
15 ml peperwortelroom (horseradish cream)
Druk die filet goed droog.
Meng die swartpeper, olyfolie en tiemieblaartjies goed saam en smeer die filet daarmee in.
Bedek en laat dit vir minstens 1 uur marineer teen kamertemperatuur.
Berei die roker voor: Sorg vir matige kole. Voer ’n groot bak met foelie uit en sprinkel ’n handvol eikehoutsaagsels en -vlokkies en ’n paar takkies vars roosmaryn oor die foelie. Maak die saagsels en vlokkies liggies nat met ’n bietjie water.
Steek ’n tweede stuk foelie vol gaatjies met ’n sosatiestokkie en bedek die laag saagsels daarmee. Plaas die gemarineerde filet op ’n draadrakkie en sit die rakkie op die foelie waarin die gaatjies gesteek is.
Bedek die hele bak met nog ’n laag foelie en steek daarin ook ’n paar gaatjies.
Sit die bak op ’n staander oor die kole.
Berook die filet vir ongeveer 30 minute.
Haal die roker van die kole af en haal die filet uit.
Seël die filet oor rooiwarm kole en geur met sout en peper terwyl jy braai.
Haal die filet van die kole af en plaas dit in ’n oondbak.
Bedek, en laat dit rus vir 10 minute voor die vleis gesny word.
Sit die filet louwarm voor met die peperwortelsous.
Peperwortelsous
Meng al die bestanddele vir die peperwortelsous saam, en sit dit voor met die vleis.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za