Wenke vir in en om die huis en kombuis
Drie Maniere om eiers gaar te maak:
* Gebak: Smelt ‘n klontjie botter in ‘n pan. Breek die eier in die middel van die botter. Plaas die pan se deksel op sodat die eier eerder stoom as bak. Dit verhoed dat die wit van die eier begin brand en hard word voordat die geel gaar is.
* Geroer: Smelt ‘n klontjie botter in ‘n pan. Breek die eiers en laat eers so bietjie bak totdat die wit begin stol. Krap nou met ‘n vurk deur die eier sodat die geel ook begin deurloop. Die wit en geel behoort nou op dieselfde tyd gaar te wees.

* Gekook: Plaas die eiers in die pot met water. Sodra die water begin borrel, laat dit vir presies 4 minute kook.