’n Geskikte vuurvaste bak
eikehoutsaagsels
water
foelie
’n metaal-draadrakkie wat in ’n vuurvaste bak pas
vars snoek, skoongemaak en in porsies gesny
sout (as jy nie jou snoek ingesout het nie)
‘n styfpassende deksel, of ’n paar lae foelie
Stap 1
Sorg vir genoeg kole. Sprinkel ’n dun lagie saagsels in jou bak (versprei egalig) en klam dit met ’n paar spatsels water aan.
Stap 2
Bedek die saagsels met foelie en prik die foelie oral met ’n vurk. Sit die draadrakkie bo-op die foelie neer.
Stap 3
Sit die snoek met die velkant na onder op die rakkie en besprinkel met sout (indien gebruik).
Stap 4
Wag tot jy rook uit die saagsels sien trek en bedek dan die bak stewig met ’n deksel. Hou die kole matig (vul dit aan indien nodig, maar moet dit nie
te warm maak nie). As die saagsels brand, gaan die vis ’n bitter smaak hê. Rook die snoekfilette vir 15 — 20 minute (loer ná 10 — 12 minute). As
die vis maklik vlok en ’n mooi kleur het, is dit gaar. Laat afkoel en eet louwarm of koud.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za