Lamsblad
1.5 – 2 kg lamsblad, met been
10 knoffelhuisies, skoongemaak
200 g gerookte spek of pancetta
10 vars roosmarynstokkies
groot skeut olyfolie
2 eetlepels gedroogde speserymengsel van jou keuse, of gedroogde heel koljander, growwesout en peper
4 groot uie, in kwarte gesny
handvol vars tiemie
500 ml witwyn
Olyfroosterkoek
1 kg witbroodmeel
1 eetlepel bruinsuiker of heuning
15 ml sout
1 pakkie droë gis
50 ml olyfolie
600 ml louwarmwater
1 koppie olywe, ontpit
Salsa verde
Kappertjiesaad
2 groot eetlepels ansjovis
3 knoffelhuisies
handvol vars basiliekruid, pietersielie en vars koljander
groot skeut olyfolie
sap van een suurlemoen
sout en peper
Lamsblad
Sny diep gate in die lam, en druk die knoffel, spek en roosmaryn in die holtes.
Maak die speserymengsel fyn in ‘n stamper en vysel.
Vryf die olyfolie en speserymengsel oor die lam.
Plaas die lam en die res van die bestanddele in ‘n pot, en kook vir ongeveer 2 ure. Hierdie stap kan ook in die oond gedoen word.
Haal die lam uit die pot, en dit braai oor mediumwarm kole vir 45 minute tot ‘n uur. Draai dit gereeld om.
Bedien met salsa verde.
Roosterkoek
Meng al die droë bestanddele, en voeg die olie en louwarmwater by.
Meng dit, en knie dan vir 10 minute.
Voeg die olywe by, en meng weer deur.
Bedek die bak, en laat dit rys tot dit verdubbel.
Knie dit af, en sny die deeg in sowat 16 stukke.
Vorm balle en plaas dit op oppervlakte wat met olie gesmeer is.
Laat dit weer rys vir 20 minute.
Braai dit op die rooster oor mediumwarm kole, en draai dit gereeld om tot gaar gebak.
Salsa verde
Kap alles fyn en meng dit goed saam.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za