Deeg
1 kg witbroodmeel
halwe pakkie kitsgis
1 koppie louwarm water
halwe koppie olie
1 teelepel sout
1 teelepel suiker
Maalvleisvulsel
500 g maalvleis
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
kwart koppie olyfolie
2 teelepels kerrie
1 teelepel borrie
2 teelepels sout
Vir die gaarmaak
1 liter sonneblom olie
Maalvleisvulsel
Braai die ui en knoffel in ‘n bietjie olie teen 'n matige temperatuur tot goudbruin.
Voeg die maalvleis en sout by, braai tot bruin.
Voeg die kerrie en borrie by.
Laat dit prut vir ongeveer 15 minute.
Laat dit afkoel.
Deeg
Voeg die meel, gis, sout, suiker en water in 'n mengbak.
Meng dit deur tot dit 'n eenheid vorm.
Voeg die olie by.
Knie vir ongeveer 10 minute, en plaas die bak in plasrieksak in 'n kas vir ongeveer 1 uur totdat dit mooi gerys het.
Toevou
Rol deeg uit op 'n plat oppervlakte.
Sny dit in klein stukke van ongeveer 10 cm by 10 cm.
Plaas 'n lepel vol maalvleis (afgekoel) in die middel van die deeg.
Vou die maalvleis toe met deeg sodat dit nie kan uitval wanneer dit gaar gemaak word nie.
Gaarmaak
Vul ‘n swaarboompot met die olie, en plaas dit op baie warm kole of ‘n baie vlou vlam.
Gooi ‘n klein stukkie deeg in die warm olie om te sien of dit warm genoeg is. As die stukkie deeg na die oppervlak rys, is die olie gereed.
Plaas die bonneltjies deeg stadig in die warm olie. Wees baie versigtig.
Draai dit 'n paar keer om totdat dit 'n mooi bruin kleur het.
Verwyder die vetkoeket uit olie, en bedien dit warm.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za