1 pak Boerewors, uit die omhulsel gedruk in stukke van 3 cm
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 rissie, fyngekap (opsioneel)
2 koppies hoenderaftreksel
2 koppies water
2 koppies gaar spinasie (jy kan dit vervang met ertjies, preie, rooisoetrissie of enige beskikbare groente).
2 eetlepels vars of gedroogte basiliekruid, origanum, tiemie of roosmaryn
2 blikkies tamaties
2 wortels, in klein stukkies gesny
1 eetlepel tamatiesous, appelkooskonfyt of blatjang indien die sop se suur te hoog is.
2 koppies gnocchi, gaar pasta, gaar rys of aartappels in klein blokkies gesny. (Indien jy die aartappels gebruik, voeg dit by pot sop 30 minute voor die einde van kookperiode)
peper (sout slegs indien nodig met proe – die wors en aftreksel het reeds baie sout in)
Parmesaankaas, vir opdiening
Braai die uie, knoffel en rissie in olie vir 10 minute tot gaar en ligbruin.
Skuif uiemengsel eenkant in die pot, voeg die worsklonte by die pot, en braai tot goudbruin aan alle kante.
Voeg al die bestanddele, behalwe die gnocchi, in die pot en kook vir 40 minute.
Sodra die sop gereed is, voeg die gnocchi, gaar pasta of gaar rys by en kook vir nog 5 minute.
Bedien met ‘n eetlepel kaas bo op die sop.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za