Meng die meel, jogurt en bakpoeier met die steel van ‘n paplepel (nie die lepelkant nie).
Moenie haastig wees nie – roer eers ‘n bietjie diekant, dan ‘n bietjie daaikant – totdat alles goed gemeng is.
Dis ‘n taaierige deeg, so strooi baie meel oor jou hande, die koekroller en die oppervlak waarop jy die deeg gaan uitrol.
Skep ‘n opgehoopte teelepel deeg uit, en rol dit plat. Jy behoort so 8 – 10 platbroodjies te kry.
Smelt die botter saam met die knoffel en kruie.
Skep een of twee teelepels van die bottermengsel op die een kant van die broodjie en sprei dit bietjie uit (nie tot teen die kante nie, net so in die middel rond).
Gebruik ‘n gewone pan op ‘n baie warm plaat, en plaas die platbrood met die gebotterde kant onder.
Braai dit tot die bokant so glaserig begin lyk.
Draai die broodjie om en bak dit blitsig aan die ander kant – dit moet net kleur kry (bietjie soos mens plaatkoekies bak).
Bedien dit saam met kerrievis of enige ander soort kerrie of souserige dis – die sous trek in die broodjie in en maak dit liplekker!