Op die jagveld het Hein my geleer van sy brood. Nou maak ek dit gereeld en oral waar ek kom in die buitelug. Dit is eenvoudig, daarom noem Hein dit sy als-in-een-brood, en dit is net so.
Op die jagveld het Hein my geleer van sy brood. Nou maak ek dit gereeld en oral waar ek kom in die buitelug. Dit is eenvoudig, daarom noem Hein dit sy als-in-een-brood, en dit is net so.
1 kg wit broodmeel
1 pakkie kitsgis
1 eetlepel sout
1 eetlepel suiker
1 liter louwarm water
Meng al die bestanddele saam met ’n houtlepel – nie vir tien minute soos die ou mense se knie nie, net 'n paar minute sal genoeg wees.
Plaas die mengbak in ’n swartsak, vou die sak onder die bak in, en laat dit vir ’n uur in ’n warm, windlose plek staan om te rys.
Spuit die pot en deksel van 'n swartplatboompot goed met kleefwerende sproei.
Plaas die deegmengsel in die pot en plaas die deksel op.
Laat die deeg vir nog ’n uur rys.
Teen hierdie tyd moet jy jou vuur reeds aan die brand het om kole te maak.
Plaas die pot bo-op ’n driepoot.
Skoffel ’n groot graaf kole onder die pot in, en een bo-op die deksel. Moenie skaam wees vir die kole nie, dit moet aan die begin baie warm wees.
Laat die brood vir ’n uur bak – halfpad deur plaas jy weer kole bo en onder.
As alles glad verloop, sal jy ’n pragtige brood hê – lekker taai brood met groot gaatjies wat die botter en konfyt heerlik sal opsuig.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za