1 x 330 ml blikkie gemmerbier
¾ koppie tamatiepuree
1 x 1 cm knoets vars gemmer, geskil en gerasper
1 mollige knoffeltoontjie, gekneus en fyngekap
2 eetlepels Worcestersous
1 eetlepel donker sojasous
1½ eetlepels apelasyn
1 eetlepel klewerige bruinsuiker
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
4 vellose en ontbeende hoenderborsies, in blokkies van ongeveer 3 cm elk gesny
2 rooi soetrissies, wit gedeeltes en sade verwyder en in 3 cm blokkies gesny
12 bamboesstokkies, in warm water geweek
Plaas die gemmerbier, puree, gemmer, Worcestersous, knoffel, sojasous, asyn en suiker saam in ‘n kastrol.
Bring tot kookpunt en laat vir 15 tot 20 minute kook totdat die sous lekker dik is.
Geur met sout en peper en laat dit heeltemal afkoel.
Plaas die hoenderblokkies in ‘n glasbak en giet die marinade oor sodat die hoender heeltemal bedek is met die sous.
Bedek die bak met kleefplastiek en laat oornag in die yskas marineer.
Ryg die hoenderblokkies, afgewissel met ‘n blokkie soetrissie op die stokkies en geur met sout en peper.
Braai oor matige kole vir ongeveer 10 minute aan elke kant en draai halfpad tydens die braaityd om.
Maak seker die hoender is deurgaar voordat jy dit van die rooster afhaal.
Bedien saam met slaai.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za