2 tot 2,2 kg varklies, vel aan
seesout
vars gemaalde swartpeper
Gepekelde koolslaai
½ witkool
½ kop seldery
1 ui
250 ml ryswyn asyn
250 g suiker
2 teelepels karwysaad
2 eetlepels mosterdpoeier
2 teelepels sout
Maak kruis en dwars kepe in die vel (dis makilker as mens dit reeds so koop of vra jou slagter).
Vryf die sout en peper meestal op die velkant en maak seker dat dit in die kepe ingaan.
Plaas dit oor indirekte kole in die ketelbraai en braai met die deksel op vir sowat 25 minute op hoë hitte (die ventilasiegate groot oop onder en in die deksel).
Draai die temperatuur laer (ventilasiegate half oop onder en in die deksel) en braai verder met die deksel op vir sowat 80 minute.
Draai een of twee keer om, en kyk sommer dan dat dit nie swart braai nie.
Die vleis is reg wanneer die vel bros is en die sappe helder uitkom as jy ‘n pennetjie of mes insteek.
Die vleis moet ook begin los kom van die been.
Bedien dit met gepekelde koolslaai en ‘n yskoue bier of ‘n witwyn met ‘n goeie suurgehalte.
Gepekelde koolslaai
Sny die kool, uie en seldery en meng in ‘n groot glas of staal bak.
Plaas die res van die bestanddele in ‘n kastrol en bring tot kookpunt.
Haal van die plaat af en gooi oor die kool.
Maak seker dat die asyn regdeur gemeng is.
Laat staan 20 minute.
Dit hou vir weke in die yskas en raak net lekkerder en lekkerder.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za