Braai die wors oor medium tot hoë hitte in ‘n bietjie olie tot goudbruin. Hou die wors eenkant.
Verlaag die hitte en soteer die uie, soetrissie en brandrissie tot gekarameliseer.
Voeg die aartappels, ¾ koppie water en die sout by.
Bedek en prut tot die aartappels sag is.
Indien die pot droog kook en jou aartappels is nog nie sag nie, voeg skeutjies water by soos nodig. (Iemand het rooibostee i.p.v. water voorgestel)
Sny intussen die wors in vingerlengtes.
Sodra die aartappels sag is, plaas die wors terug in die die pan, roer deur en prut nog so 2 – 3 minute.
Geur met sout en peper na smaak.
Garneer met vars kruie, soos pietersielie of koljander.
Bedien op sagte witbrood, broodrolletjies of roosterkoek.