1 kg kookvleis (bees- of skaapskenkel)
2 teelepels fyngekapte knoffel en gemmer
1 teelepel borrie
2 – 3 teelepels kerrie
sout
500 g suikerbone
1 ui, gekap
kookolie
kerrieblare
handvol koljanderblare
2 – 3 tamaties, gerasper
2 – 3 aartappels, in stukke gesny
Kook die suikerbone totdat dit sag is. Gooi die water af, en hou dit eenkant.
Braai die ui in ‘n bietjie olie.
Voeg die vleis en ‘n klein bietjie water by, en laat dit vir ‘n rukkie stadig stowe.
Voeg die kerrieblare, koljanderblare en tamaties by. Kook dit oor lae hitte, en voeg nog ‘n klein bietjie water by. (Lae hitte en min water, want dan kook die vleis vinniger sag)
Wanneer vleis amper sag is, voeg die boontjies en aartappels by. Meng alles goed en voeg nog ‘n klein bietjie water by.
Kook dit oor lae hitte totdat die vleis heeltemaal sag is.
Bedien saam met roti of rys. Johny sê: “In Durban eet mens dit saam met roti, maar in die Noord-Kaap eet mens dit met rys of mielierys.”
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za