Voeg die uie, peperkorrels, naeltjies en water in ‘n groterige kastrol en laat dit kook tot die meeste water verdamp het.
Voeg die olie en kaneel by, en smoor totdat die uie effens verbruin het.
Voeg die vleis, gemmer en kardemomsade by en roer goed.
Bedek, en laat die vleis sowat 30 minute lank stadig prut.
Voeg die tamaties en brandrissie by en laat nog ‘n verdure 20 minute lank prut.
Voeg die aartappels, sout, peper en suiker na smaak by en prut todat die aartappels sag is.
Bedien met rys en outydse tamatieslaai (tamatie, uie, olie [nie olyfolie nie], druiweasyn, suiker, sout en peper).