olie
1 ui, gekap
3 vas knoffeltoontjies, fyngekap
20 ml kerriepoeier
3 ml borrie
2 snye brood, in melk geweek tot sag
2 x 400 g blikkies lensies, gedreineer
5 ml suurlemoensap
10 ml tamatiesous
15 ml appelkooskonfyt
15 ml grondboontjiebotter
sout en peper na smaak
2 eiers
150 ml karringmelk
6 lourierblare
10 ml gerasperde suurlemoenskil
Verhit die olie in ‘n pan, en braai die uie en knoffel tot sag.
Voeg die kerriepoeier en borrie by, en braai tot geurig.
Voeg die brood by die uie in die pan, en roer goed.
Voeg die lensies, suurlemoensap, grondboontjiebotter, tamatiesous en konfyt in die pan, en geur na smaak.
Sit die mengsel in ‘n oondvaste bak.
Strooi die suurlemoenskil oor die mengsel.
Verhit die oond tot 160° Celsius.
Meng die eiers, melk en sout en peper saam, oor giet dit oor die bobotie.
Druk die loerierblare in die bobotiemengsel.
Bak vir 30 minute of tot die eiermengsel gaar is en mooi verbruin het.
Bedien met geelrys en slaai.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za