Resep met vergunning uit SAAM, ‘n Eeu van Suid-Afrikaanse gemeenskapsresepte, geskryf deur Errieda du Toit en uitgegegee deur Penguin Random House (Struik).
Die groenertjie-lagieslaai kom al jare tot die redding van gasvroue wat baie mense moes kosgee of kuiergaste wat ’n slaai na die bring-en-braai neem. Die gevriesde ertjies hou die bestanddele lank vars en kan al die vorige dag gemaak word. Dit vervoer ook maklik. Gebruik jou mooiste glasbak sodat die lagies mooi wys of val in by die nuwe neiging om dit in inlêflesse te pak.