Kombuiswenke
Wanneer jy pons by ‘n geleentheid bedien, voeg ‘;n handvol gevriesde druiwekorrels by die pons net voor die gaste begin arriveer om dit te verkoel sonder om dit te verdun.
‘n Gevriesede druiwekorrel of twee kan by meeste drankies gevoeg word om dit op te vrolik.
Om die reuk van uie op jou hande te neutraliseer wanneer jy uie gesny het, vryf fyngekapte knoffel op jou hande.
As daar witwyn oorbly na ‘n partytjie (dit gebeur natuurlik nie baie nie, maar AS…) skep ‘n lepel olyfolie in die bottel sodat dit bo-op die wyn dryf – dit verhoed dat die wyn suur word.