Plaas vir elke eter ‘n piesang in skyfies gesny of oopgekloof op ‘n vel aluminiumfoelie.
Plaas malvalekkers en sjokolade daarop, as jy dit in die resep gebruik.
Strooi bruinsuiker bo-oor.
Spikkel met botter.
Giet ‘n goeie skoot rum oor alles.
Poeier goed met kaneel.
Vou die foelie mooi toe, en bak vir 20 minute oor matige warm kole.