15 ml olie
2 uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 cm vars gemmer, gerasper
2 elk kaneelstokke en wonderpeperkorrels
15 ml masala (of kerriepoeier)
5 ml elk komyn en koljander
1 kg beesmaalvleis
1 blik (410g) gekapte tamaties
15 ml tamatiepasta
375 ml water
Kluitjies
250 ml koekmeel
60 g yskoue botter, in blokkies gesny
2 ml sout
7 ml bakpoeier
15 ml fyngekapte jong roosmarynblaartjies
60 ml melk
Verhit die olie in ’n middelslag swartpot en braai die uie, knoffel en gemmer tot sag.
Voeg die speserye by en braai tot geurig.
Voeg die maalvleis by en braai bruin.
Voeg die tamaties, tamatiepasta en water by en prut stadig vir sowat 45 minute.
Geur na smaak met sout en peper. Die maalvleis moet nog redelik souserig wees.
Kluitjies
Plaas die koekmeel in ’n bak en vryf die yskoue botterblokkies met jou vingerpunte daarby in.
Voeg die sout, bakpoeier en fyngekapte roosmarynblaartjies by en meng liggies.
Voeg die melk by en maak aan tot ’n stywe beslag vorm.
Smeer die binnekant van die potjie se deksel met olie.
Skep eetlepels vol van die dik beslag oral op die bokant van die maalvleis.
Bedek met die pot se deksel en sit ’n paar kooltjies op die deksel.
Laat die potjie vir 20 – 30 minute lank prut. Moenie die deksel afhaal nie.
Die kluitjies is gaar as dit hoog uitgerys en lig is en ’n sosatiestokkie skoon daaruit kom.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za