Marinade
2 middelslag uie, fyn gekap
4-5 knoffelhuisies, fyn gekap
5 ml (1 t) gemaalde komyn
5 ml (1 t) paprika
2,5 ml (½ t) cayenne-peper
2,5 ml (½ t) borrie
125 ml (½ k) gekapte vars koljanderblare
100 ml gekapte vars Italiaanse pietersielie
100 ml olyf- of avokado-olie
15 ml (1 e) fyngerasperde suurlemoenskil
60 ml (¼ k) suurlemoensap
15 ml (1 e) growwe sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
Hoendervlerkies
12-16 hoendervlerkies
12-16 hout-kebabstokkies (sien wenke)
suurlemoenwiggies en mikro-kruie om mee voor te sit
1. Marinade: Meng al die bestanddele saam in ’n mengbak en verpulp met ’n stokmenger tot ’n gladde sous. Plaas die hoendervlerkies in ’n groot bak. Skep marinade bo-op en meng versigtig deur. Bedek en marineer vir ten minste 1 uur.
2. Hoendervlerkies: Ryg elke hoendervlerkie op ’n kebabstokkie.
3. Plaas die vlerkies in ’n toeknyp-rooster en rooster 10-12 minute aan elke kant oor matige kole tot goudbruin en gaar. Draai die kebabs gereeld om en geur na smaak terwyl dit rooster, indien verkies. (Of rooster die hoendervlerkies in die oond teen 180 °C vir 20 minute of tot gaar.)
4. Sit met suurlemoen en kruie, as ’n voorgereg of as deel van die ete met ander vleis en bygeregte van jou keuse voor.
Wenke
1. Week stokkies eers 30 minute in water, indien dit oor die kole gerooster gaan word – dit keer dat die stokkies brand.
2. Verhit enige orige marinade en sit as sous met die vlerkies voor.
3. Vis, varkvleis of lams-sosaties kan ook met die marinade gegeur word.
4. Roer die marinade by ongegeurde jogurt om as marinade te gebruik.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za