Op die foto is die begin van die proses om die lemoensap-en-grondboontjiebottersous te maak.
Op die foto is die begin van die proses om die lemoensap-en-grondboontjiebottersous te maak.
6 hoenderstukke
1 ui, opgesny
1 koppie hoenderaftreksel
2 klein rissies, opgekap
4 knoffelhuisies, opgekap
4 takkies vars tiemie (of 1 eetlepel droë tiemie)
2 koppies lemoensap (sap van 'n nartjie sal ook werk)
2 eetlepels appelkooskonfyt (of 2 eetlepels suiker of heuning)
1 opgehoopte eetlepel grondboontjiebotter
2 groot wortels, opgesny
250 g sampioene, in groot stukke opgesny
peper
Voorverhit die oond tot 200 grade Celsius.
Braai hoenderstukke in 'n pan met 'n bietjie olie tot goudbruin. Sprinkel sout bo oor terwyl dit braai.
Verwyder hoender van pan en braai die uie tot sag.
Voeg die res van die bestanddele by die uie en prut tot die sous net begin verdik.
Verplaas die inhoud van die pan na 'n oondvaste bak met 'n deksel.
Pak die hoender, met die vel na die onderkant in die sous.
Bak vir 20 minute.
Draai die hoender om met die vel na bo en bak vir nog ongeveer 20 minute of tot gaar.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za