1 heel hoender opgesny en meeste van die vel verwyder (of stukke hoender van jou keuse). Heel hoender met die karkas bied heerlike smaak. Verwyder ingewande indien nodig (giblets).
6 kardamomhuisies
1 eetlepel koljandersade
3 naeltjies
1 eetlepel komyn
3 loerierblare
3 eetlepels garam masala (sterkte van jou keuse)
1 ui, opgesny
3 knoffelhuisies, opgekap
1 duim gemmer, opgesny
2 rissies, opgesny (opsioneel)
1 groot tamatie, opgesny
2 koppies hoenderaftreksel (opsioneel  – net sout sal ook genoeg geur bied, maar voeg dan ook 2 koppies water by)
2 wortels, opgesny
2 groot patats, in blokke gesny
sout en peper na smaak
Rooster die kardamom en koljander in die pot tot jy die geure kan ruik. Pas op vir brand. Roer dit die heeltyd rond.
Haal dit uit die pot en stamp die kardamom en koljander stukkend. Dit hoef nie fyn te wees nie.
Braai die hoenderstukke in die pot tot goudbruin. Sprinkel met sout. (Olie nie nodig indien jy die hoender op die velkant braai nie)
Verwyder die hoender en hou eenkant.
Braai die ui en knoffel in die vet van die hoender tot goudbruin (indien nodig, voeg olie by)
Voeg al die speserye by die gebraaide ui en knoffel, en braai vir 2 minute. Roer heeltyd sodat dit nie brand nie.
Voeg die opgesnyde tamatie in die pot.
Plaas die hoender terug in die pot, en voeg die aftreksel by.
Plaas die pot se deksel op en prut oor medium tot lae hitte vir ’n uur.
Voeg die patats by na ’n uur se kook, en kook tot die patats sag is, maar nog steeds vorm behou.
Bedien met vars koljander en/of ’n sambal van tamatie en uie.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za