1 – 2 skaaptjoppies per persoon
sout en peper
Braaispesery en enige ander spesery waarmee jy gewoonlik jou vleis geur
olyfolie
1 – 2 groterige uie, gekap
knoffel, gekap
kruie waarvan jy hou (vir die tamatiesous)
1 houer Italiaanse tamatiepuree
1 teelepel koeksoda
penne pasta
250 ml room
2 handevol Parmesaankaas
Geur die tjops met die sout, peper en braaispeserye, en braai dit tot gaar in ‘n pan of in die oond.
Terwyl die tjops gaar word, maak jy die sous.
Braai die uie, knoffel en kruie (waarvan jy hou).
Voeg die tamatiepuree by.
Strooi die koeksoda oor die tamatiesous (dit sal borrel) om van die suur ontslae te raak en te voorkom dat die room skif wanneer jy dit byvoeg.
Kook solank die water vir die pasta met ‘n teelepel sout en ‘n bietjie olyfolie.
Sodra die water goed borrel, voeg die pasta in. (Oom Boep sê hy proe maar aan die pasta om te weet wanneer dit gaar is)
Wanneer die sous so ‘n rukkie gekook het, voeg die vars room by.
Proe tussenin en voeg nog kruie en speserye by soos dit jou pas.
Wanneer die tamatiesous volgens jou NET reg is, meng dit met die gaar pasta.
Sny die tjops in repies, en voeg dit en die parmesaankaas by die pasta en meng rofweg.
Hierdie gereg is heerlik saam met ‘n groenslaai.
As jy nou extreme wil wees, vervang die skaaptjops met groterige stukkies biltong. (‘n bietjie duurder – en dis net vir baie spesiale gaste!)
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za