1 groot ontbeende lam- of skaapboud (moet lekker vet wees)
750 ml sonneblomolie
3 groot geskilde uie, in kwarte gesny
2 opgehoopte eetlepels bruinsuiker
500 ml wit asyn
500 ml water
200 – 250 g kerriepoeier (matig)
100 g borrie
1 eetlepel heel koljandersade
1 eetlepel heel swart peperkorrels
3 opgehoopte eetlepels sout
4 lourierblare (bay leaves)
halwe bottel blatjang
8 – 10 dun sosatiestokkies
droë perskes
Verhit olie in groot kastrol.
Voeg die uiekwarte, wat losgemaak en geskei is, by en braai tot ligbruin.
Voeg die suiker oor en braai uie tot bruin.
Voeg die water en asyn stadig by.
Roer goed.
Voeg die kerriepoeier en borrie by, vermy klonte en prut oor matige hitte.
Voeg die koljander en peper by, en roer goed.
Prut vir 5 minute en sit stoof af.
Voeg die blare en blatjang by.
Laat dit afkoel tot kamertemperatuur.
Sny die lamsboud noukeurig op in 3 cm x 3 cm blokkies.
Ryg vier tot vyf blokkies op ‘n sosatiestokkie met vet en droë perskes na elke tweede blokkie vleis.
Ryg ook hier en daar ‘n skulpie van die uiekwarte in.
Plaas dit in groot bak, spasieer netjies.
Gooi die sous bo-oor en bedek.
Laat dit in yskas marineer vir drie dae – roteer dit een keer elke dag.
Braai tot bruin op matige tot warm kole, en draai gereeld om.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za