1 appel (enige kleur)
1 lekkergoedwurm (enige kleur)
1 eetlepel grondboontjiebotter
'n Skerp mes (laat mamma of pappa die snywerk doen)
'n Ronde drukmessie waarmee jy die stronk van 'n appel uithaal
Neem die appel en druk die drukmessie aan die kant van die appel in tot in die middel.
Haal die stukkie appel uit en eet dit.
Daar is nou 'n hol tonneltjie wat by die kant van die appel ingaan.
Sny die bokant van die appel af en sit die doppie eenkant.
Haal die stronk uit die onderste deel van die appel met die drukmessie en gooi dit weg.
Neem die wurm en sit sy stertjie in die gaatjie waar die stronk was, en sy agterlyfie in die tonneltjie wat jy met die drukmessie uitgesny het.
Smeer die eetlepel grondboontjiebotter bo-op die wurm se agterlyfie en plaas die doppie van die appel terug op die onderste deel – die grondboontjiebotter sal dit laat vasplak.
Nou lyk dit soos 'n appel waaruit 'n wurm besig is om te kruip!
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za