Kors
375 ml verkrummelde Marie- of Tennisbeskuitjies
50 ml suiker
125 g margarien
Vulsel
1 blik (410 g) pynappelstukke, gedreineer (Behou die stroop en vul dit aan mey water tot 300 ml)
1 pakkie (80 g) lemmetjie-jelliepoeier
500 ml vanieljeroomys
125 ml room, effens versoet en styfgeklits
Kors
Meng die beskuitjiekrummels, suiker en margarien goed saam.
Druk met die agterkant van metaallepel vas teen die wand en boom van ‘n tertbak.
Verkoel tot benodig.
Vulsel
Verhit die stroopwater tot warm, en los die jellie daarin op.
Sny die roomys in blokke, en klits blok-vir-blok by die warm jellie tot alles ingeklits is.
Plaas die mengsel in die yskas, en laat dit afkoel tot dit so dik soos eierwit is en net-net wil stol.
Hou ‘n paar van die pynappelstukke eenkant vir versiering.
Maak die res in ‘n voedselverwerker fyn, of sny in baie klein stukkies.
Vou dit by die roomysmengsel, en skep dit in die kors.
Plaas in yskas om te stol.
Versier net voor bediening met styfgeklitste room en pynappelstukkies.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za