piesang, lemoen, appel, pruim, appelkose
1 eetlepel bruinsuiker
30 g botter
knippie kaneel
100 ml sitruslikeur
Skil die lemoen en piesang en sny dit in groot stukke.
Sny die pruime en appelkose in skywe.
Sny die appel in groot stukke.
Smelt die botter in ‘n pan.
Voeg die suiker en kaneel by.
Wag tot die suiker karamelliseer.
Voeg die vrugte by en braai vir 10 minute terwyl jy die inhoud van die pan gereeld roer.
Verhit die likeur in ‘n mikrogolfoond vir 30 sekondes, en gooi dit oor die vrugte.
Steek die likeur vinnig aan die brand met ‘n lang aansteker.
Flambeer die vrugte tot al die alkohol verdamp het.
Versier die middel van die nagereg met ’n skeppie roomys wanneer jy dit bedien.
Bedruip met die sous wat oorgebly het nadat dit geflambeer is.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za