500 g maalvleis
1 middelslag ui, opgekap
1 eier
1 sny bruin brood, korsies afgesny en verkrummel oor die vleis
½ koppie hawermout
sout en peper
¼ teelepel fyn naeltjies
½ teelepel fyn koljander
1 eetelepel asyn
pietersielie
meel
olie
1 blokkie bees- of hoenderekstrak
2 tot 3 tamaties
Meng al die bestanddele met ‘n vurk.
Rol die mengsel in balletjies in meel – nie te styf nie.
Braai die frikkadelle in warm olie in ‘n dikboompan tot bruin.
Gooi die olie af.
Los die ekstrak op in ‘n koppie kookwater.
Voeg dit by die frikadelle.
Plaas die deksel op, en laat dit stadig kook vir omtrent 10 minute, of langer indien nodig.
Sny die tamaties in skywe, en pak dit bo-op die frikkadelle.
Plaas die deksel weer op, en skakel die plaat af – die tamaties sal met die orige hitte gaar word.
Bedien met bruinrys of kapokaartappels.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za