1 koppie suiker
5 rondvol eetlepels meel
3 – 4 eetlepels botter
3 eiers, geskei
¼ koppie suurlemoensap (of meer – die suur-soet balans moet net reg wees)
1 koppie melk
versiersuiker (opsioneel)
Meng die suiker en meel, en vryf die botter daarin.
Voeg die eiergele, suurlemoensap en melk stadig by, en meng dan deeglik.
Klits die eierwitte styf en voeg dit by die mengsel.
Voeg die beslag in ‘n gesmeerde oondbak, en bak teen 180 tot 200 grade Celsius vir 30 – 35 minute. Dit moet lig- tot goudbruin bo-op wees.
Strooi versiersuiker bo-oor.
Bedien met geklitste room.
Die poeding maak sy eie vla onderin die bak.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za