2 medium botterskorsies, geskil en in klein blokkies gesny
4 medium eiervrug, geskil en in blokkies gesny
10 sampioene, in blokkies gekap
2 pers uie, opgekap in blokkies
1 koppie vars kruie, opgekap (pietersielie, tiemie, roosmaryn, koljander)
½ koppie parmesaankaas, gerasper
olyfolie
3 koppies room
sout en swartpeper na smaak
pasta van jou keuse
Braai die botterskorsieblokkies in ‘n bietjie olyfolie in ‘n pan daarin tot bros, en plaas eenkant in ‘n bak.
Braai die eiervrug, sampioen, kruie en uie saam tot sag.
Voeg die room en parmesaankaas by die sampioenmengsel en roer deur.
Geur met sout en swartpeper.
Kook pasta van jou keuse tot gaar en dreineer.
Voeg die pasta by die sous en meng deur.
Voeg die brosgebraaide botterskorsie by en meng liggies deur.
Skep in pastabak, en voeg nog van die botterskorsies bo-op en ekstra kaas en kruie soos verlang.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za