4 koppies koekmeel
2 teelepels fyn gemmer
2 teelepels kaneel
2 teelepels gedroogde naartjieskil
2 teelepels kardemomsade
2 teelepels anyssaad
1 pakkie kitsgis
2 eiers
2 eetlepels suiker
1½ koppie melk
125 g botter
olie vir braai
Stroop
3 koppies suiker
1½ koppies kookwater
3 stokkies kaneel
3 kardemomsade, gekneus
3 – 4 druppels roosekstrak of ¼ koppie rooswater
Klapper, grof
Meng al die droë bestanddele.
Verhit 1¼ koppie melk en die botter tot net voor kookpunt.
Klits 'n ¼ koppie melk en die eiers en voeg dit by die melk- en bottermengsel.
Maak ‘n gat in die droëmengsel en voeg die melkmengsel daarin. en meng deur.
Voeg dit in 'n bak met deksel en laat dit 2 uur lank rys.
Knie die deeg af vir 1 minuut.
Smeer 'n oppervlak met olie, en rol bolletjies uit deeg. Vir langwerpige vorms, trek net die ronde bolletjies se punte.
Laat dit rus vir ‘n halfuur.
Verhit die olie in 'n kastrol en braai die deegbolletjies tot bruin en gaar.
Laat dit afkoel.
Stroop
Kook al die bestanddele saam tot die stroop dik word. Verdun met rooswater indien nodig.
Plaas die koesisters in die stroopmengsel, en meng mooi deur.
Haal dit uit en rol die koesisters in die klapper.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za