250 g gaar of gerookte snoek, vel en grate verwyder
sap van ’n halwe suurlemoen
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 x 200 g houer ongegeurde roomkaas
15 ml tamatiesous
30 ml mayonnaise
2 agurkies, gerasper
250 ml room
vars pietersielie, gekap
Vlok die snoek fyn en verwerk dit baie vinnig saam met die suurlemoensap, sout, peper, roomkaas, tamatiesous, mayonnaise en gerasperde agurkies in ’n voedselverwerker tot net goed gemeng (nie té fyn nie).
Klop die room styf en vou by die patee in.
Skep in ’n geskikte bakkie, sprinkel pietersielie oor en sit dadelik voor of bedek en verkoel tot benodig.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za