Surita se soetwortels
Skraap die wortels en behou dit heel.
Spoel skoon af.
Kook wortels tot sag, maar nog ferm.
Verhit ʼn pan op stoofplaat vir ʼn paar minute en plaas botter daarin.
Sodra botter begin borrel en bruis, voeg die wortels by en braai vir ‘n paar minute.
Voeg die suikerwater by en laat dit kook/stoom totdat meeste vloeistof verdamp het.
Verlaag hitte en laat staan vir ʼn paar minute met deksel op.
Strooi gekapte dille oor, en bedien warm.
Surita se fênsie soetpatat met appelsap en neute
Kook die patat tot amper sag, en dreineer.
Kook die appelsap, botter en suiker saam in ‘n kastrol vir ongeveer 5 minute op lae hitte.
Plaas die patat in die vloeistof en kook op lae hitte totdat die stroop effens verdik het.
Indien nodig, voeg nog appelsap by indien as die vloeistof min raak.
Skakel die plaat af, strooi gemmer suurlemoenskil oor.
Strooi laastens die gekapte neute oor, skud die pot liggies totdat alles goed gemeng is, en bedien warm.