1 medium tot groot papaja wat ferm en nog aan die groenerige kant is, geskil en in blokkies gesny
1 teelepel botter
1 medium ui, fyngekap
2 koppies groente- of hoenderaftreksel
sout en swartpeper na smaak
1 koppie room (vegetariërs kan dit vervang met klapperroom)
1 eetlepel fyngekapte sprietuie
Metode
Verhit die botter in pan.
Voeg die papaja, ui en sprietuie by.
Voeg die ekstrak by, en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Kook die mengsel tot die papaja sag is.
Verpulp dit, en voeg die room by.
Bedien warm of koud met croutons en fyngekapte sprietuie vir garnering. Voeg kerrie by vir byt, of garneer met geroosterde sesamsaadjies.