2 tamaties
2 groot eiervrug, in ringe gesny, 2 cm dik
1 heel ui, in die helfte gesny
4 preie
2 rooi soetrissies
2 groen soetrissies
2 geel soetrissies
1 heel knoffel
100 ml olyfolie
50 ml hibiscus-asyn
1 eetlepel bruinsuiker
basiliekruidblare
gerasperde suurlemoenskil
Skroei die soetrissies swart oor hoë hitte.
Trek die skil die soetrissies af.
Maak die eiervrug en ui oor mediumhitte gaar.
Braai die tamaties en knoffel heel oor die kole tot sag.
Versnit die tamatie, knoffel (uitgedruk), asyn, olyfolie, bruinsuijer, sout en peper.
Braai die preie oor hoë hitte tot dit swart is aan die buitenkant en sag aan die binnekant.
Skil die buitenste swart blare af, en sny die gebraaide preie in ringe.
Meng alles saam.
Voeg die tamatiesous oor, en voeg gesnyde basiliekruidblare en gerasperde suurlemoenskil bo-oor.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za