Kebap is die Tukse spelling…
800 g lamlende, in 3 cm stukke gesny
200 g lamstertvet, in klein stukkies gesny
400 g tamaties, in kwarte gesny
8 soetrissies, in 3 cm stukke gesny
Marinade
200 ml olyfolie
15 knoffehuisies, plat gedruk
50 g Griekse jogurt
1 eetlepel tamatiepasta
2 teelepels soetrissiepasta
2 eetlepels gedroogde rissievlokkies
1 teelepel droë oreganum
halwe teelepel swart peper
1 teelepel sout
Meng al die marinadebestanddele saam.
Voeg die lam en vet by, meng dit goed deur, en marineer oornag in die yskas.
Ryg die vleis op ‘n stokkie met 1 stukkie stertvet vir elke 2 stukkies vleis.
Plaas 2 stukkies tamatie en 1 soetrissie op elke stokkie.
Braai die kebap 8 cm bo warm kole vir 3 minute aan elke kant. Draai dit elke 30 sekondes.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za