Meng die water, appelpuree, Worcestersous, hoenderspesery, salie en basiliekruidblare.
Skink die mengsel in die hoender-sitter.
Vryf ‘n bietjie van die Portugese hoenderspesery oor die hoender.
Plaas die hoender op die sitter en bind sy bene aanmekaar met ‘n toutjie om te keer dat dit brand op die braai.
Braai die hoender vir 45 minute lank op ‘n braai wat 190 grade Celcius is.
Die hoendervleis se temperatuur moet sowt 77 grade Celcius wees wanneer dit gaar is.
Haal die hoender van die vuur af, en laat dit vir 45 minute asem skep.
Sny die hoender in stukke, en bedien met slaai en vars brood, of in ‘n hoenderslaai.
WENK VIR DIE OOND
As jy die hoender eerder in die oond wil gaarmaak, moet jy 3 eetlepels appelpuree gebruik en geen water.
Stop die hoender met die puree, Worcestersous, spesery, salie en basiliekruidmengsel.
Werk die hoender toe sodat dit in die oond bak met die sous ingewande.