swaargewigfoelie
1 klein pynappel, in blokkies gesny
3 – 4 seisoensvrugte, in dik skywe gesny (sien wenk)
100 – 125 g bloubessies
200 – 250 g aarbeie, gehalveer
10 ml (2 t) heuning per pakkie
gemaalde kaneel
vars suurlemoensap, rooibostee of ’n bietjie port of vrugtelikeur na smaak
klontjie botter per pakkie
Om mee voor te sit
makadamianeute, gerooster en grofgekap (sien wenk)
geroosterde klapperskaafsels (sien wenk)
papawersaad
200 – 250 ml Griekse jogurt
1. Voorverhit die oond tot 180 °C of beplan om die pakkies oor matige kole te rooster. Skeur 4-6 stukke foelie van ongeveer 25 x 25 cm elk en vou elkeen dubbeld, sodat die blinkkant na bo wys.
2. Verdeel die vrugte tussen die foelie en bedruip met die heuning. Strooi kaneel oor en druk ’n skeut suurlemoensap (of vloeistof van jou keuse) oor die vrugte. Stip met ’n klontjie botter.
3. Vou die punte van die foelie na bo en vou dit saam om ’n losserige pakkie te vorm. (Indien nodig, kan die pakkies in die yskas gehou word, tot dit gaargemaak moet word.) Wees versigtig dat die foelie nie skeur nie.
4. Rooster die pakkies 10-15 minute oor matige kole of in die oond tot die vrugte deurwarm en effens sag is. Maak een pakkie oop om te kyk hoe gaar dit is, maar wees versigtig, moenie met die stoom brand nie.
5. Sit ’n warm pakkie per persoon in ’n bakkie voor en laat elkeen kies met watter van die bykomstighede dit geniet gaan word.
Wenke
1. Sitrus, ryp pere, appelkose, nektariens of perskes sal ook heerlik wees, wanneer dit in seisoen is.
2. Rooster klapper oor ’n matige hitte in ’n pan tot goudbruin. Hou dit dop—dit brand redelik maklik.
3. Plaas die heel makadamianeute op ’n bakplaat en rooster in die oond teen 180 °C vir 10-15 minute. Laat dit afkoel en kap dan grof.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za