1 rolkoek, in skywe gesny
1 blik kondensmelk
1 blik appelliefies in stroop
1 pakkie suurlemoenjellie
1 koppie (250 ml) kookwater
sap en skil van een suurlemoen
Maak die jellie aan met die kookwater en 50 ml appelliefiestroop.
Laat dit afkoel.
Voeg die skil en sap van 1 suurlemoen by en meng goed deur.
Voeg kondensmelk en appelliefies by en meng goed.
Rangskik rolkoekskywe styf teen mekaar in ‘n tertbak.
Skep die kondensmelkmengsel bo-oor die koek.
Plaas in yskas vir minstens 4 ure voor opdiening.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za