1,5 kg beesstert
2 pakkies beesstert-soppoeier
olie
2 uie, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
water
1 kg gemengde droëvrugte
100 ml volroom sjerrie
30 ml Worcestersous
50 ml blatjang
5 loerierblare
3 groot aartappels, in stukke gesny
2 groot wortels, in ringe gesny
1 pakkie jongmielies
Rol die beesstertstukke in 1 pakkie soppoeier.
Verhit ‘n kastrol en braai die beestert in olie tot bruin aan al die kante.
Verwyder uit die kastrol.
Braai die uie en knoffel tot sag.
Voeg alles saam in die kastrol, behalwe die laaste pakkie soppoeier.
Bedek met water, en kook vir minstens 3 ure tot die beesstert sag is.
Voeg die laaste pakkie soppoeier in die laaste halfuur by, en laat dit goed deurkook.
Bedien met rys of stampmielies.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za