100 g botter
80 g fyngemaakte biltong
275 g bruismeel
1 teelepel bakpoeier
150 ml karringmelk
1 eier
50 ml gerasperde parmesaankaas
50 ml sprietuie, gekap
Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Spuit ‘n 12-holte muffinpan met kleefwerende sproei.
Meng die meel en bakpoeier, en vryf die botter in die meel sodat dit soos broodkrummels lyk.
Klits die karringmelk en eier goed saam.
Voeg die sprietuite en biltong by die meelmengsel.
Voeg die melkmengsel by, en roer met ‘n vurk tot dit ‘n deeg vorm.
Moenie die deeg te veel meng nie.
Skep die deeg in die holtes van die pan.
Bak vir 20 minute tot gaar.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za