4 aartappels, in dun ringe gesny
4 stukke gevriesde stokvis
8 eetlepels suurroom
8 skywe suurlemoen
visspesery van jou keuse
sout en peper na smaak
Sny 4 stukke bakpapier groot genoeg om bakpakkies vir die vis te maak.
Verdeel die aartappelskywe in vier, en pak dit in die middel van die bakpapier.
Voeg die visspesery, sout en peper oor die vis.
Plaas die vis bo-op die aartappels.
Voeg twee eetlepels suurroom bo-oor.
Plaas twee skywe suurlemoen op elke stuk vis.
Maak dit stewig toe met die bakpapier, en vou die kante in sodat die vis en aartappel gaar kan stoom.
Bak vir 25 minute teen 180 grade tot gaar.
Maak die pakkie 5 minute voor die einde oop om die vis en aartappel bietjie kleur te gee.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za