1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyngemaak
60 ml botter, gesmelt
500 g ongegeurde jogurt
1 blikkie volroom kondensmelk
1 houer gladde room maaskaas
15 ml suurlemoensap
Voeg die gesmelte botter by die fyngemaakte bekuitjies, en meng goed.
Druk dit vas op die bodem van ‘n tertbak.
Voeg die jogurt, kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap saam in ‘n mengbak, en meng goed saam.
Giet die jogurtmengsel eweredig oor die beskuitjiekors.
Bak teen 180 grade Celsius vir 15 tot 20 minute.
Haal uit oond en laat dit afkoel.
Sif versiersuiker oor die tert as garnering, indien so verkies.
Bedien met vrugte van jou keuse.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za