1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyngemaak
60 ml botter, gesmelt
500 g grenadellajogurt
1 blikkie volroom kondensmelk
1 houer gladde roomkaas
15 ml suurlemoensap
10 grenadellas
15 ml versiersuiker
Voeg die gesmelte botter by die fyngemaakte beskuitjies, en meng goed.
Druk dit met ‘n lepel vas in ‘n tertbak om ‘n kors te vorm.
Meng die jogurt, kondensmelk, roomkaas en suurlemoensap goed.
Voeg die jogurtmengsel eweredig oor die beskuitjiekors.
Bak teen 180 grade vir 15 tot 20 minute.
Haal uit die oond en laat dit afkoel.
Haal die pitte uit die grenadellas.
Meng dit met die versiersuiker, en smeer bo-op die gebakte kaaskoek.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za