1 springbokrugstring
4 groenvye, in kwarte gesny
spekrepies
1 bottel Griekse slaaisous
aartappels
patats
heel uie
Aromat, rissiegeur
Marineer die rugstring vir 4 ure in die slaaisous.
Draai die groenvykwarte in stukkies spek toe.
Maak gate in die vleis en druk die toegedraaide groenvye in die gate.
Haal die rugstring uit die slaaisous, en sprinkel die rissie Aromat daaroor.
Plaas die rugstring, aartappel, patat en uie in oondbak.
Voeg ‘n klein bietjie water in die bak om te verseker dat jy ‘n lekker sous kry.
Maak die rugstring toe tydens die bakproses.
Jy kan aan die einde die deksel afhaal om die vleis kleur te gee.
Bak teen 180 grade Celsius vir ongeveer 2 ure tot gaar.
Bedruip die rugstring kort-kort met die vleissap tydens die bakproses.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za